On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Knysna-busramp: Nalatigheid was die oorsaak

───   15:14 Sat, 30 Aug 2014

Knysna-busramp: Nalatigheid was die oorsaak | News Article

Knysna - Die landdroshof in Knysna het Vrydag bevestig dat nalatigheid 'n oorsaak was in die busongeluk waartydens 14 kinders van Rheenendal omgekom het, het die Saturday Star berig.

Landdros Derek Torlage het tydens sy vier uur lange uitspraak gesê daar is bewyse dat die departement van onderwys in die Wes-Kaap, die toetssentrum wat die padwaardigheidsertifikaat vir die bus uitgereik het, die busbestuurder en die eienaar van die busmaatskappy nalatig was.

Torlage het verskeie probleme met die bus uitgelig insluitend 'n ondoeltreffende remstelsel, krake in die onderstel, speling op die stuurwiel en probleme met die rathefboom en koppelaar.

Altesaam 14 kinders is in Augustus 2011 oorlede toe die bestuurder op pad skool toe beheer verloor het oor die bus en die voertuig by 'n laagwaterbrug in 'n dam beland het. Die busbestuurder is ook dood.

Die 32-sitplekbus het 58 kinders vervoer. Die oorblywende 44 kinders is in die ongeluk beseer.

Torlage sal sy aanbevelings by die direkteur van openbare vervolging indien sodat 'n besluit geneem kan word oor moontlike vervolging. Die ouers van die kinders kan ook nou met siviele eise voortgaan.

Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.