On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Standard Bank jammer oor “tegniese haakplekke”

───   05:53 Tue, 02 Sep 2014

Standard Bank jammer oor “tegniese haakplekke” | News Article

Johannesburg - Standard Bank het om verskoning gevra nadat “tegniese haakplekke” Maandag tot gevolg gehad het dat die bank se kliënte glo vir ure nie kontant kon onttrek of hulle debietkaarte by betaalpunte kon gebruik nie.

“Die bank betreur enige ongerief wat veroorsaak is,” het Funeka Montjane, Standard Bank se uitvoerende hoof van persoonlike- en besigheidsbankdienste, in 'n verklaring gesê.

“Ons ondersoek die oorsaak. Voorlopige ondersoek dui daarop dat die voorval deur 'n probleem met ons hardeware veroorsaak is.” Montjane sê die stelsel is binne twee uur herstel.

Talle gebruikers op sosiale media beweer egter dat die probleem veel langer geduur het. Kliënte sê hulle kon nie kontant onttrek of hul debietkaarte by betaalpunte gebruik nie. Die bank se selfoon- en internetbankdienste was ook nie beskikbaar nie.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.