On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Openbare gedenkdiens vir Ollie Viljoen

───   08:24 Tue, 02 Sep 2014

Openbare gedenkdiens vir Ollie Viljoen | News Article

Kaapstad - Vriende, familie en aanhangers van Ollie Viljoen kan dié musieklegende Vrydag vir oulaas groet.

Viljoen is Sondagoggend in die ouderdom van 76 oorlede. Hy het in sy slaap heengegaan nadat hy verlede week weer in die MediClinic Panorama-hospitaal in Kaapstad opgeneem is weens ernstige probleme met sy bloedsomloop.

Sy dogter, Enel, het aan Maroela Media gesê haar pa se gedenkdiens vind Vrydagmiddag om 16:00 by die NG Moedergemeente in Stellenbosch plaas. Die publiek is welkom om die diens by te woon. Talle bekendes in die vermaaklikheidsbedryf het reeds aangedui dat hulle die diens gaan bywoon.

Intussen stroom huldeblyke steeds in vir die bekroonde trekklavierspeler. Die musikant Valiant Swart het Maandag op Viljoen se Facebook-blad geskryf: “Vandag het ek en my gesin lentedag gevier met braaivleis en bier. My seun het vuur gemaak, my dogter het jasmyn gepluk, en ek en my vrou het in die kombuis gedans. Ons het Oom Ollie Viljoen se musiek oor en oor geluister, al vier albums wat ek van hom het: ons twee se ‘Wild en Wakker’ en ‘Vuur en Vlam’, sy ‘Blues en Susters’ met Anna Davel, Lou-Ann Stone, Schalk Joubert en Kevin Gibson, en my gunsteling: sy klavier-album ‘Ollie speel Jim Muller’ – stylvol, effortless, virtuoos, onsterflik.”
 
Maroela Media 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.