On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Brand by Big Brother-huis in JHB

───   07:08 Wed, 03 Sep 2014

Brand by Big Brother-huis in JHB | News Article

Johannesburg - Die televisieprogram, Big Brother Hotshots, moet uitgestel word na 'n verwoestende brand Dinsdag by dié huis in Johannesburg uitgebreek het.

“Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie,” het DStv in 'n persverklaring gesê. “Die ondersoek sal begin sodra dit veilig is om die perseel te betree.” Die huis is by Sasani Studios in Johannesburg geleë.

Die televisieprogram sou Sondag, 7 September begin het.

M-Net en Endemol SA is nou dringend op soek na 'n ander huis wat gebruik kan word, maar die Big Brother-huis het 'n baie tegniese infrastruktuur gehad en moes spesiaal ingerig word. 'n Alternatief is nie dadelik beskikbaar nie en dit is nie duidelik wanneer die realiteitsprogram sal hervat nie.

DStv het bevestig niemand is in die brand beseer nie.
Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.