On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Godsdiens in skole: AfriForum sal skole se regskostes dra

───   08:38 Wed, 03 Sep 2014

Godsdiens in skole: AfriForum sal skole se regskostes dra | News Article

Johannesburg - Die burgerregte-groep AfriForum het aangebied om die volle regskostes van skole met 'n Christelike etos te dra, sou diegene wat gekant is teen godsdiens in skole hulle dreigement uitvoer om dié skole in die hof te probeer dwing om op te hou om godsdiens op skool te beoefen.

'n Laerskool in Pretoria het in 'n omsendbrief aan sy leerlinge se ouers bevestig die Organisasie vir Godsdienste – Onderrig en Demokrasie het ses skole per hofaansoek voor die hof gedaag oor die beweerde ongrondwetlikheid van die skole se godsdiensbeleide en die toepassing daarvan. Hans Pietersen, voorsitter van die organisasie wat die hofstukke bedien het, meen dit is ongrondwetlik om een godsdiens uit te sonder en dat die Christelike gebruike by die betrokke skole gestaak moet word.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die skole wat gedaag word is die Laerskool Baanbreker in Boksburg, Laerskool Garsfontein in Pretoria, die Hoërskool Linden in Johannesburg, Laerskool Randhart in Alberton, die Hoërskool Oudtshoorn en Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die burgerregte-organisasie het reeds in 2009 aangebied om die volle regskostes van skole met 'n Christelike etos te dra. Bailey het gesê die organisasie se siening het nog nie verander nie en het vandag die aanbod laat herleef.

Colditz het aan Maroela gesê Fedsas vergader Vrydagoggend met die onderskeie skole om te besluit hoe die skole die saak sal hanteer.
 
Maroela Media 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.