On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Solidariteit dagvaar Radebe om in gelykheidshof te verskyn

───   16:13 Mon, 15 Sep 2014

Solidariteit dagvaar Radebe om in gelykheidshof te verskyn | News Article

Pretoria - Die vakbond Solidariteit het Jeff Radebe, voormalige minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, gedagvaar om op 25 en 26 September 2014 in die gelykheidshof in Pretoria te verskyn.

Solidariteit sal sy lid, landdros Martin Kroukamp, in die gelykheidshof verteenwoordig en aanvoer dat minister Radebe onbillik op grond van sy ras teen hom gediskrimineer het.

Volgens Johan Kruger, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, volg die hofsaak nadat Radebe die aanbeveling van die Landdrostekommissie om Kroukamp aan te stel, geïgnoreer het op grond van Kroukamp se ras.

“Vir Solidariteit is die hart van die saak nie net die reg van landdros Kroukamp nie, maar die reg van Suid-Afrikaners op ? effektiewe regstelsel. Die kernpilaar van die Suid-Afrikaanse demokrasie is die regstaat en ons moet dit beskerm,” het Kruger gesê.

Kroukamp het hierna ? aansoek, ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, gebring om vas te stel hoekom hy nie aangestel is nie. Volgens die inligting wat Solidariteit ontvang het, sê die Landdrostekommissie dat, in ag genome die prestasie van die onderhoudkandidate, die vereistes ten opsigte van geslag en ras vervat in artikel 174(2) van die Grondwet, die behoeftes van die kantoor en die behoeftes van die gemeenskap wat bedien word, Kroukamp as die enigste geskikte kandidaat aanbeveel word.

Volgens Kruger het minister Radebe die kommissie se aanbevelings geïgnoreer ten spyte daarvan dat Kroukamp deur die Landdrostekommissie as die beste en enigste kandidaat vir die pos van landdros in die Alberton-landdroshof aangewys is, en gesê dit sou nie transformasie bevorder nie. Hy het verder aangedui dat die vakante poste weer geadverteer moes word.

“Dit is die eerste keer dat Solidariteit ? Minister dagvaar om sy besluit in die hof te verduidelik. In ons dagvaardiging aan die minister versoek ons dat hy bewyse moet lewer om sy besluit ten opsigte van die nie-bevordering van landdros Kroukamp te staaf,” sê Kruger.

“Senior landdroste speel ’n belangrike rol in die funksionering van die laer howe en moet onder andere landdroste bystaan. Dit is dus noodsaaklik dat die posisies gevul word ten einde te verseker dat landdroshowe die nodige dienste aan die publiek kan lewer,” het Kruger gesê.

Verklaring verskaf

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.