On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

“Hof het ons verraai,” sê Reeva se halfbroer

───   06:42 Tue, 16 Sep 2014

“Hof het ons verraai,” sê Reeva se halfbroer | News Article
Reeva Steenkamp se halfbroer, Adam Steenkamp, het in 'n onderhoud met die Daily Mail gesê Oscar Pistorius se moordverhoor was 'n “groteske pantomime”.

Adam, wat in Engeland woon, het in die onderhoud gesê sy familie is deur die hof verraai en dat Pistorius 'n “moordenaar is wat aan opsetlike moord skuldig bevind moes word”.

“In my hart weet ek dat hy daarmee weggekom het. Hy het met moord weggekom. Ek verstaan nie die logika daarvan om iemand wat vier skote op 'n klein toilet se deur afvuur, vry te spreek van moord nie. Dit is nie die optrede van iemand wie se bedoeling nie was om dood te maak nie,” het Adam gesê.

Regter Thokozile Masipa het Pistorius verlede week onskuldig bevind op aanklag van moord. Sy het hom skuldig bevind aan strafbare manslag. Pistorius se vonnisoplegging sal op 13 Oktober begin.

Volgens die berig in die Daily Mail gaan Steenkamp se ouers voort met 'n vergoedingseis teen Pistorius.

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het intussen Maandag gesê Pistorius kan weer vir Suid-Afrika deelneem solank dit nie strydig is met die hof se uitspraak nie. 

Sapa; Maroela Media 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.