On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

National

ISS baie bekommerd oor jongste misdaadsyfers

───   SABRINA DEAN 15:41 Fri, 19 Sep 2014

ISS baie bekommerd oor jongste misdaadsyfers | News Article

Pretoria - Suid-Afrika het 'n dringende nuwe benadering jeens misdaad, geweld en openbare veiligheid nodig.

Dit, volgens die Instituut vir Sekerheidstudies, nadat die nasionale polisiekommissaris vanoggend die jongste misdaadsyfers bekend gemaak het.
 
Gareth Newham sê hulle is uiters bekommerd, nadat daar vir 'n tweede agtereenvolgende jaar 'n toename was in ernstige misdaad soos moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.

Huisroof is op met meer as 7% en motorkapings met meer as 12%. Meer as 800 moorde meer as in die vorige jaar is gepleeg.
 
Sabrina Dean/OFM-nuus

Podcasts

Gareth Newham:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.