On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

National

Afrikaanse nuus skuif terug na SABC2

───   14:39 Sat, 20 Sep 2014

Afrikaanse nuus skuif terug na SABC2 | News Article

Johannesburg - Die SAUK se Afrikaanse nuusbulletin skuif binnekort terug na SABC2.

Die SAUK het dié aankondiging Vrydagaand gemaak tydens die Afrikaanse nuusbulletin wat tans op SABC3 uitgesaai word.
 
Die nuusbulletin is in Julie van SABC2 na SABC3 verskuif en dié besluit het hewige kritiek ontlok. Die Afrikaanse nuusbulletin sal van November af weer op SABC2 uitgesaai word.

Die ATKV het intussen die aankondiging verwelkom.
 
Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, het gesê die AKTV het onlangse gesprekke met die bestuur van die SAUK se televisiediens gehad.
 
“Die AKTV het sy teleurstelling uitgespreek dat die Afrikaanse nuus na SABC3 met sy kleiner reikwydte, veral vir Afrikaanssprekendes, geskuif is,” het Gouws gesê.

“Ons is dankbaar vir die SAUK-bestuur se begrip en dat die nuus nou teruggeskuif word na SABC2 waar dit toeganklik vir meer kykers is. Ons is seker dat dit in die beste belang van die SAUK sowel as Afrikaanssprekendes is,” het Gouws afgesluit.
 
Maroela Media 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.