On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

National

Nigerië stuur glo $9.3-miljoen se kontant na Suid-Afrika om wapens mee te koop

───   15:36 Sat, 20 Sep 2014

Nigerië stuur glo $9.3-miljoen se kontant na Suid-Afrika om wapens mee te koop | News Article

Pretoria - 'n Nigeriese waghondgroep eis 'n internasionale ondersoek na die Nigeriese regering wat $9.3-miljoen se kontant na Suid-Afrika gevlieg het om wapens mee te koop.

Die projek vir Sosio-Ekonomiese Regte en Verantwoordbaarheid het die Finansiële Aksietaakspan versoek om berigte te ondersoek dat die Nigeriese regering 'n privaatstraler gehuur het om die geld na Suid-Afrika te bring om wapens te koop.
 
Suid-Afrikaanse doeane-amptenare het verlede week op die bedrag in 100 dollarnote in drie tasse beslag gelê.
 
Die tasse was op 'n privaatstraler van Nigerië wat by die Lanseria-lughawe buite Johannesburg geland het. Die polisie sê hulle het twee Nigeriërs en 'n Israelse burger ondervra.
 
Die waghond sê Nigerië het die standaarde verontagsaam om die vloei van onwettige geld te keer, soos uiteengesit deur die taakspan waarvan hy 'n lid is.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.