On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

OG moet gekanselleerde fees ondersoek:DA

───   07:49 Mon, 22 Sep 2014

OG moet gekanselleerde fees ondersoek:DA | News Article

Pretoria - Die Demokratiese Alliansie (DA) het Sondag gesê die ouditeur-generaal moet ondersoek na die Tshwane-metropool instel oor die R65 miljoen wat bestee is op die gekanselleerde TribeOne-musiekfees.

“Hierdie is 'n waglike wanbestuur van openbare fondse, veral aangesien sommige van die fondse wat reeds betaal is, nie terugbetaalbaar is nie,” het Kevin Mileham van die DA in 'n verklaring gesê.

Die City Press het vroeër berig die Tshwane-metropool het onder meer R40 miljoen bestee aan infrastruktuur-opgradering by die terrein in Cullinan waar die fees sou plaasvind. Daar is verder ook 'n nie-terugbetaalbare fooi van R10 miljoen aan die musikant Nicky Minaj betaal.

Volgens Mileham sal die ouditeur-generaal, Kimi Makwethu, genader word om die saak te ondersoek.

Hoewel die stad die organiseerders van die fees wil dwing om daarmee voort te gaan, is die organiseerders van mening dat die stad nie aan die infrastruktuur-vereistes voldoen nie.

Die feesorganiseerders en die stad sal Maandag in die hooggeregshof in Pretoria teen mekaar te staan kom
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.