On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Nigerië kerkramp: Forensiese toetse om SA-slagoffers uit te ken begin

───   08:37 Tue, 23 Sep 2014

Nigerië kerkramp: Forensiese toetse om SA-slagoffers uit te ken begin | News Article

Lagos - Forensiese toetse om die Suid-Afrikaners uit te ken wat in die Nigeriese kerkramp dood is, begin vandag.

Die regering het 'n forensiese span na Lagos gestuur om vingerafdruk- en DNS-toetse op die 84 slagoffers te doen.
 
Vyf-en-twintig beseerde oorlewendes van die ramp het gister in Suid-Afrika aangekom.
 
Suid-Afrika se Hoë Kommissaris in Nigerië, Lulu Mnguni sê hulle verwag dat die toetse teen Donderdag na Suid-Afrika gestuur sal word.
 
Mnguni sê hulle het DNS-monsters van die familielede in Suid-Afrika geneem en dit sal help om die 84 slagoffers uit te ken.
 
Volgens hom is 115 liggame uit die puin gehaal.
 
SAUK 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.