On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

National

Malema meen daar is 'n lewe na die ANC

───   15:18 Tue, 30 Sep 2014

Malema meen daar is 'n lewe na die ANC | News Article

Die EFF-leier, Julius Malema sê daar is lewe buite die ANC en hy sal aanhou om die ANC se besluite aan te val.

 Malema het sy ondersteuners buite die hooggeregshof in Polokwane vandag toegespreek nadat sy verhoor en dié van sy medebeskuldigdes tot volgende jaar uitgestel is.
Malema, die eienaar van On-Point-Engineering, Lesiba Gwagwa en Kagiso Dichabe staan tereg op 54 aanklagte wat bedrog, korrupsie en geldwassery insluit. Hulle het na bewering die Limpopo departement van paaie en vervoer uit 53 miljoen rand bedrieg.
 
Malema het ook aan sy ondersteuners gesê hy vrees niks en wil hê sy hofsaak moet tot 'n einde kom.
 
Regter Ephraim Makgoba het die saak tot 3 Augustus 2015 uitgestel op staatsaanklaer Andrew Laka se versoek omdat van die advokate nie beskikbaar is nie.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.