On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

National

Die Reserwebank moet miljoene aan Shuttleworth betaal

───   15:08 Wed, 01 Oct 2014

Die Reserwebank moet miljoene aan Shuttleworth betaal | News Article

Bloemfontein - Die entrepreneur en eerste Suid-Afrikaanse ruimtevaarder, Mark Shuttleworth, het dit reggekry om meer as R250 miljoen by die Suid-Afrikaanse Reserwebank terug te kry.

Dit kom nadat Shuttleworth onder protes ’n heffing van 10% betaal het vir bates van sowat R2.5 miljard wat hy tydens sy emigrasie na die Isle of Man uit die land geneem het. Dié heffing is destyds deur die Noord-Gautengse hooggeregshof bekragtig.

Die appèlhof in Bloemfontein het dit nou nietig verklaar en die reserwebank beveel om die meer as R250 miljoen, plus rente, vanaf 13 April 2012, aan Shuttleworth terug te betaal.

Shuttleworth het appèl aangeteken teen die Reserwebank, die nasionale tesourie en die president na die Noord-Gautengse hooggeregshof besluit het dat hy dié miljoene moes opdok.

Die drie verweerders het op hul beurt geapelleer teen die ongeldigverklaring van sekere valutabeheerregulasies. Hul appèl het geslaag.
 
Die appèlhof het gesê daar is geen basis vir die hoogeregshofbeslissing dat dele van die wet ongeldig of met die grondwet teenstrydig is nie.
 
Sabrina Dean/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.