On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Polisie skiet kaper dood

───   08:38 Thu, 02 Oct 2014

Polisie skiet kaper dood | News Article

Johannesburg - 'n Kaper is in Eikenhof, Johannesburg deur die polisie doodgeskiet terwyl nog 'n vermeende kaper in hegtenis geneem is.

Gauteng-polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini, sê drie verdagtes het 'n Isuzu gekaap, maar het die voertuig later langs die pad gelos nadat dit vermoedelik probleme gegee het. Die kapers het gevlug en 'n skietgeveg het tussen hulle en die polisie uitgebreek.
 
Volgens Dlamini het die kapers hierna 'n onderwyser by 'n nabygeleë skool probeer kaap, maar te voet gevlug nadat hulle in 'n doodloopstraat beland het.
 
'n Tweede skietgeveg het uitgebreek en een van die kapers is doodgeskiet terwyl nog een in hegtenis geneem is. Die derde kaper het in 'n wit Audi gevlug.
 
Dlamini sê daar is op 'n vuurwapen en 'n speelgoedgeweer beslag gelê.
 
Die polisie ondersoek sake van kaping en poging tot moord.
 
Die verdagte wat in hegtenis geneem is sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
 
Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.