On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Nene het 'min beweegruimte' in mediumtermyn-begroting

───   16:26 Tue, 21 Oct 2014

Nene het 'min beweegruimte' in mediumtermyn-begroting | News Article

Kaapstad - Minister Nhlanhla Nene, minister van Finansies, se beweegruimte in môre se mediumtermyn-begrotingsrede is uiters beperk.

Dit, volgens die VF Plus se Pieter Mulder.
 
Hy sê tussen al die finansiële eise op die staatskas deur sal die minister moet aantoon dat die regering die erns van Suid-Afrika se huidige finansiële krisis verstaan en bereid is om drastiese stappe te doen om dit te verbeter. Dit moet onder meer die ernstige inkorting van staatsuitgawes en weerstand teen onredelike vakbondeise behels.
 
Eenvoudige somme dui aan dat die staat se uitgawes steeds ver bo die inflasiekoers groei terwyl die belastinginkomste nie daarmee tred hou nie.
 
Die gevolg is dat die staatskuld besig is om hand uit te ruk. Mulder sê die minister het net een van twee keuses – of hy moet belastings verhoog of die staatsinkomste drasties besnoei.

Verklaring verskaf

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.