On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Nóg ploftoestelle in PTA gevind

───   10:38 Wed, 22 Oct 2014

Nóg ploftoestelle in PTA gevind | News Article

Pretoria - Sowat 30 militêre ploftoestelle is in Hammanskraal, noord van Pretoria gevind.

Die polisie het 'n wenk ontvang nadat hulle gister op nog drie ploftoestelle beslag gelê het, naby 'n hoërskool in Pretoria-Wes.
 
Die eienaar van 'n skrootwef in dieselfde omgewing is vroeër die week dood in 'n ontploffing, en 'n werknemer het ernstige beserings opgedoen.
 
'n Gautengse polisiewoordvoerder, Tsekiso Mofokeng sê die ploftoestelle is in 'n oop veld weggesteek.
 
'n Eenheid met plofstof-deskundiges is na die toneel ontplooi.
 
Volgens Mofokeng is meeste van die toestelle deur die eenheid onskadelik gestel.
 
SAUK 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.