On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

National

Besnoeiing van staatsuitgawes 'is nie genoeg nie'

───   16:26 Wed, 22 Oct 2014

Besnoeiing van staatsuitgawes 'is nie genoeg nie' | News Article

Kaapstad - Die besnoeiing van staatsuitgawes wat die minister van Finansies, minister Nene, tydens sy mediumtermyn-begrotingsrede aangekondig het, word verwelkom maar is verreweg nie genoeg om die regering se staatskuld-posisie om te keer nie.

Die minister se voorspelling dat Suid-Afrika nou die ekonomiese draaipunt bereik het, gaan daarom in die toekoms verkeerd bewys word.

Die bevriesing van sekere staatsdiensbegrotings en die herroeping van ongevulde poste sal 'n besparing van R1,3 miljard meebring. Dit is nie genoeg om die tekorte op te maak nie. Daarom beplan die minister om R15 miljard meer inkomste met die begroting volgende jaar in te kry. Die minister berei Suid-Afrika duidelik voor op nuwe en verhoogde belastings en tariewe om die verskil op te maak. Dit is 'n fout in 'n tyd van baie lae ekonomiese groei en sal 'n groot demper op entrepeneurskap en groei plaas.

Die VF Plus het 'n sterker boodskap aan die staatsdienvakbonde en nutsmaatskappye van die staat soos Eskom, SAA en SA Poskantoor van die minister verwag.
 
Die regering se skuldrisiko’s word baie groot solank die regering vir hierdie maatskappye moet instaan en hulle telkens finansieel uit die moeilikheid moet help.
 
Die staatsdiensvakbonde moes ook 'n duidelike boodskap kry dat daar nie geld beskikbaar is vir die 15% verhoging wat hulle vra nie.
 
Verklaring verskaf deur die VF Plus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.