On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Human Interest

Matrikulante is in die pylvak

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:43 Wed, 22 Oct 2014

Matrikulante is in die pylvak | News Article

Bloemfontein - Daar is slegs vier dae oor voordat matrikulante in sentraal Suid-Afrika hul kennis en ink kan inspan wanneer die nasionale seniorsertifikaat-eksamen eerskomende Maandag vir al die matrikulante oor die land heen begin.

Meer as 26 800 gr.12-leerlinge in die Vrystaat lê vanjaar die eindeksamen af wat tot 28 November duur. Almal skryf Maandag Engels-vraestelle.
 
OFM-nuus het ‘n paar Vrystaters gevra of hulle gereed is vir die eksamen.
 
Die 18-jarige hoofmeisie van die Hoërskool Bultfontein, Riané Kotzé, sê haar maats sien almal uit daarna om hul penne neer te sit en hul skoolloopbaan finaal te groet, maar vir eers word die laaste voorbereiding vir die eksamen vandeesweek gedoen.

‘n Matriekleerling aan die Hoërskool Bothaville, Joané Schoeman, sê die stresvlakke is hoog.

Die vak visuele kuns word ook Maandag geskryf.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Riané Kotzé:

Joané Schoeman:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.