On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Toekoms van SA duif-wedrenbedryf in die weegskaal

───   09:06 Thu, 23 Oct 2014

Toekoms van SA duif-wedrenbedryf in die weegskaal | News Article

Port Elizabeth - Die toekoms van die multimiljoen-rand duif-wedren bedryf in Suid-Afrika hang in die weegskaal na die publikasie van nuwe wetgewing in die Staatskoerant.

Alwyn Marais van die Dierebeskermingsvereeniging (DBV) se eenheid vir spesiale projekte, sê bedrywighede soos die invoer, broei, handel in en verskuiwing van duiwe is nou verbode.

Hy sê die DBV is bekommerd oor die hoë persentasie verliese onder duiwe tydens wedrenne.

Marais sê tot vyf-duisend duiwe vrek of verdwyn elke jaar met die Miljoen-dollar duif-wedren alleen.

Die President van die Suid-Afrikaanse Nasionale Posduif-vereniging, Saunty Gilmer, sê die DBV verstaan die wet verkeerd.

Gilmer sê hulle het die relevante kabinetsministers oor die saak genader.

 
AlgoaFM 

Podcasts

Alwyn Marais :

Saunty Gilmer:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.