On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Video: Julius Malema vandag glo van aanranding aangekla

───   10:13 Thu, 23 Oct 2014

Video: Julius Malema vandag glo van aanranding aangekla | News Article

Johannesburg - 'n Klag van aanranding word Donderdag teen Julius Malema, parlementslid en leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), ingedien na 'n voorval by 'n kitskosrestaurant in Tzaneen, Limpopo wat op kringtelevisiekamera vasgelê is, berig Maroela Media.

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan die man, wat glo deur Malema rondgestamp en gevloek is, bystaan met die indien van strafregtelike klagtes van aanranding, intimidasie en crimen injuria. Die beweerde voorval het op 6 Augustus plaasgevind.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum het verduidelik dat AfriForum besluit het om die slagoffer by te staan nadat hy die organisasie om hulp genader het. “Die voorval skets ’n duidelike beeld van Malema as ’n bullebak wat homself as verhewe bo die reg en mede-landsburgers beskou. Ons kan nie toelaat dat ons openbare verteenwoordigers hulle soos kriminele gedra sonder om die gevolge van hulle dade te dra nie,” het Roets gesê.
 
In die beeldmateriaal kan gesien word hoe 'n man wat blyk Malema te wees, 'n ander man ten minste drie keer stamp, sy vinger in die slagoffer se gesig swaai en op hom skree. Hoewel die klank nie op die beeldmateriaal vasgevang is nie, het die slagoffer ’n beëdigde verklaring afgelê, waarin hy die woordewisseling wat plaasgevind het onder eed bevestig het. Malema het glo die slagoffer herhaaldelik gevloek en ’n “Boer” genoem. Hy het by geleentheid ook geskree: “I will f*ck you up!”
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.