On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

SA verskerp ebola-skandering

───   07:38 Fri, 24 Oct 2014

SA verskerp ebola-skandering | News Article

Pretoria - Suid-Afrika het sy pogings verskerp om te verseker dat toeriste wat moontlik met die ebolavirus besmet is, verhoed sal word om die land binne te kom.

Jeff Radebe, minister van die presidensie, het die media by die parlement in Kaapstad toegespreek ná die kabinet se tweeweeklikse vergadering.
 
Hy het die boodskap aan die media herhaal dat die regering alle nodige maatreëls in plek gestel het om die verspreiding van die siekte, wat tot dusver nagenoeg 5 000 mense se lewens in Wes-Afrika geëis het, te verhoed.

“Waarneming by alle plekke van aankoms is verskerp om moontlike ebolagevalle te identifiseer,” het Radebe gesê.

Volgens hom het die regering 'n nasionale taakspan saamgestel indien ebola in die land sou uitbreek, en hy het bevestig 11 hospitale is op bystand as ebola-behandelingsentrums.

Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.