On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

NWU navorsers opgewonde oor geleentheid om deel te wees van entstof proewe

───   SABRINA DEAN 10:51 Sat, 25 Oct 2014

NWU navorsers opgewonde oor geleentheid om deel te wees van entstof proewe | News Article

Potchefstroom - Navorsers aan die Noordwes Univesiteit sê hulle is baie opgewonde oor die geleentheid om deel te wees van die hervestiging van kliniese proewe vir die vervaardiging van menslike enstowwe en ander geneesmiddels in Suid Afrika.

Wetenskap en Tegnologie Minister Naledi Pandor het tydens ‘n toespraak in Bloemfontein gisteraand gesê die NWU is ge-identifeseer vir die ontwikkeling van ‘n fasiliteit waar voor-kliniese en kliniese proewe weer op die been gebring kan word.
 
Prof Anne Grobler, direkteur van die DWT NWU prekliniesegeneesmiddel-ontwikkelingsplatform, sê hulle vergader reeds ‘n geruime tyd met die department en ander rolspelers.

Pandor het bygevoeg haar department, asook die gesondheidsdepartement, is steeds in gesprekke met ‘n groot internasionale farmeseutiese maatskappye en hoop om vroeg volgende jaar ‘n amptelike aankondiging te maak.
 
Sy sê sulke proef fasiliteite het in die verlede in Suid Afrika bestaan, maar die land se kapasiteit om betroubare proewe aan te bied is intussen daarmee heen.
 
Sabrine Dean/OFM Nuus

Podcasts

Prof Anne Grobler, direkteur van die DWT NWU prekliniesegeneesmiddel-ontwikkelingsplatform:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.