On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Twee SANDF-soldate ernstig beseer

───   08:05 Fri, 31 Oct 2014

Twee SANDF-soldate ernstig beseer | News Article

El Fashir - Twee soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, wat op 'n VN en Afrika-unie vredesending in Sudan ontplooi is, is ernstig gewond nadat hulle in 'n hinderlaag naby hulle basis gelei is.

 SANDF-woordvoerder Jaco Theunissen sê die beseerde soldate is per helikopter na 'n hospitaal in El Fashir gebring kort na die aanval.
Theunissen sê die twee is in 'n ernstige maar stabiele toestand.
 
Nog twee soldate het geringe beserings tydens die aanval opgedoen. Die aanval het kort ná middernag Woensdag plaasgevind toe 'n afdeling van die 4 SA Infanteriebatteljon water van 'n nabygeleë watergat in Kutum wou gaan haal.
 
'n Rebellegroep het toe op 'n losgebrand. Theunissen sê danksy die opleiding wat die soldate in Suid-Afrika ontvang het, tesame met die toerusting wat hulle tot hul beskikking gehad het, kon hulle die aanval afweer.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.