On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

National

Twee renosterstropers doodgeskiet en ses in hegtenis

───   08:43 Fri, 31 Oct 2014

Twee renosterstropers doodgeskiet en ses in hegtenis | News Article

Polokwane - Twee renosterstropers is doodgeskiet en ses ander in hegtenis geneem in twee afsonderlike voorvalle.

Sanparks-woordvoerder Nomvuselelo Songelwa sê in die eerste voorval het parkwagters op drie renosterstropers afgekom. Die stropers is agternagesit en skote is afgevuur.
Twee stropers is noodlottig gewond en 'n derde het na Mosambiek ontsnap. Beslag is gelê op 'n jaggeweer, ammunisie en ander jagtoerusting.
 
In die ander voorval is ses verdagtes deur die Sanparke se omgewingsmisdaad-ondersoekeenheid in hegtenis geneem ná 'n opvolgteenstroperaksie buite die westelike grens van die Kruger Nasionale Park.
 
Daar is beslaggelê op 'n jaggeweer, ammunisie en twee voertuie. Die inhegtenisnemings volg op twee weke van suksesvolle teenstroperverrigtinge waartydens 35 vermeende stropers in hegtenis geneem is.
 
Tot dusver is 144 vermeende stropers vanjaar net in die Kruger Nasionale Park in hegtenis geneem.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.