On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Prasa vervoer sportondersteuners gratis na begrafnisse

───   09:21 Fri, 31 Oct 2014

Prasa vervoer sportondersteuners gratis na begrafnisse | News Article

Johannesburg - Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Prasa, sê hulle gaan gratis vervoer aan sokker, boks- en atletiekondersteuners verskaf om die begrafnis van drie sportsterre, wat die afgelope week oorlede is, by te woon.

Prasa-woordvoerder Moffet Mofokeng sê met hierdie gebaar wil Prasa graag die drie - Senzo Meyiwa, Phindile Mwelase en Mbulaeni Mulaudzi - vereer vir die bydrae wat hulle tot sportontwikkeling in Suid-Afrika gemaak het.
Tien busse en twee treine sal aan veral Orlando Pirates-ondersteuners beskikbaar gestel om van Gauteng na KwaZulu-Natal te reis om Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa se begrafnis by te woon.
 
Tien busse sal aan Atletiek Suid-Afrika verskaf word om ondersteuners na Mbulaeni Mulaudzi se begrafnis in Makhado, oftewel Louis Trichardt, te vervoer, terwyl vier bussen ondersteuners na die begranis van Phindile Mwelase in Ladysmith in KwaZulu-Natal sal vervoer.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.