On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Weerberig: Hewige donderstorms en veldbrande

───   16:47 Fri, 31 Oct 2014

Weerberig: Hewige donderstorms en veldbrande | News Article
Weerwaak inligting:


1. Toestande bevorderlik vir die ontstaan van weghol veldbrande word verwag oor die verre westelike dele van Noordwes en oostelike dele van die Noord-Kaap.
2. Hewige donderstorms word verwag oor die oostelike Vrystaat.


1.GAUTENG:
Gedeeltelik bewolk en baie warm met enkele buie en donderbuie maar verspreid in die suide.

2. MPUMALANGA:
Bewolk by tye in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm met enkele buie en donderbuie maar verspreid oor die hoëveld. Wydverspreide buie en donderbuie word verwag oor die verre suidoostelike hoëveld.

3. LIMPOPO:
Bewolk by tye in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm maar bloedig warm op plekke oor die westelike bosveld. Enkele buie en donderbuie word verwag.

4. NOORDWES:
Gedeeltelik bewolk en baie warm met enkele buie en donderbuie.

5. VRYSTAAT:
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie in die ooste maar verspreid en hewige in die verre ooste waar dit koel sal wees.

6. NOORDKAAP:
Koel in die weste, andersins mooiweer en baie warm maar bloedig warm in die noorde. Enkele donderstorms word verwag in die noordooste.
Die wind langs die kus: Sterk suid tot suidoos.

7. DIE WESKAAP:
Mooiweer en warm maar koel langs die suidkus en oor die oostelike binneland waar dit sal bewolk wees aanvanklik.
Die wind langs die kus: Sterk suidoos maar matig tot taamlik sterk oos langs die suidkus.

8. DIE WESTELIKE DEEL VAN DIE OOS KAAP:
Bewolk en koud tot koel met motreen op plekke oor die noorde en oostelike binneland in die oggend, word gedeeltelik bewolk in die middag.
Die wind langs die kus: Lig tot matig suidwes word later suidoos.

9. DIE OOSTELIKE DEEL VAN DIE OOS KAAP:
Bewolk en koel met enkele buie en donderbuie maar verspreide in die ooste.
Die wind langs die kus: Lig tot matig suidwes word suidoos in die middag.

10. KWAZULU-NATAL:
Gedeeltelik bewolk tot bewolk en koel met verspreide buie en donderbuie maar enkel in die verre noorde.
Die wind langs die kus: Matig suidwes tot suid.

11. NAMIBIA:
Warm langs die kus, andersins mooiweer en baie warm maar gedeeltelik bewolk oor die sentrale en oostelike dele met enkele donderbuie.
Die wind langs die kus: Matig tot taamlik sterk suidwes maar sterk suid in die suide.

12. BOTSWANA:
Mooiweer en bloedig. Dit sal gedeeltelik bewolk wees in die suidweste met enkele buie en donderbuie.

13. LESOTHO:
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele tot verspreid buie en donderbuie.

14. SWAZILAND:
Bewolk en warm met enkele buie en donderbuie.

Die weerberig is saamgestel deur die SA Weerdienste.
Visit our website at http://www.weathersa.co.za
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.