On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

National

Nick Mallett kap Vrystaat Rugby-unie oor Strauss-besluit

───   16:49 Fri, 31 Oct 2014

Nick Mallett kap Vrystaat Rugby-unie oor Strauss-besluit | News Article

Bloemfontein - Die rugbykommentator en voormalige Springbokafrigter Nick Mallett sê dit is vir hom onverstaanbaar hoe die Vrystaat Rugby-unie eerder die voormalige Cheetahs-kaptein Adriaan Strauss prysgegee het, as om gehoor te gee aan Strauss se versoek vir ’n onafhanklike oudit na die Vrystaat se rugby.

Mallett, wat vandag ’n gasspreker op Landbouweekblad se boerderykonferensie in Bloemfontein was, het gesê hy is met die oog op volgende jaar bekommerd oor die Oostelike Provinsie-Kings en die Vrystaat.
 
Hy het verlede jaar gedink die Cheetahs speel weer goeie rugby en dit gaan oorspoel na vanjaar. Dit het nie gebeur nie.
 
Mallett het gesê dit blyk daar is iets verkeerd in die Vrystaat. Hy dink nie dit is die spelers se skuld nie en die rede lê van die veld af. Dit is sleg dat die VRU nie na Strauss,  ’n wyd gerespekteerde speler en mens, wou luister nie.
 
Harold Verster, besturende direkteur van Vrystaat-Rugby, het vanmiddag aan OFM-nuus gesê die VRU gaan oudits doen, maar gaan dit gewis nie in spelers se kontrakte laat inskryf soos wat Strauss geëis het nie.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 
 
Die volledige onderhoud met Mallett. 
 

Podcasts

Nick Mallett praat oor VRU se Strauss-besluit:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.