On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

National

Nkandla-sage: Ramlakan ontken berigte van vroeë aftrede

───   09:13 Fri, 21 Nov 2014

Nkandla-sage: Ramlakan ontken berigte van vroeë aftrede | News Article

Johannesburg - Gewese geneesheer-generaal van die weermag, Vejay Ramlakan, het berigte dat hy vroeër gaan aftree weens die ondersoek na president Jacob Zuma se Nkandla-woning, ten sterkste ontken.

Volgens Ramlakan is die gesprekke met genl. Solly Shoke, hoof van die weermag, oor sy toekoms deel van normale loopbaanbestuur. Dit het niks met die ondersoek na Nkandla te doen nie.
 
'n Dagblad het Donderdag berig dat Ramlakan voortgegaan het met sy deel van die Nkandla-projek sonder dat hy aangesê is om dit te doen.
 
Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het in haar ondersoekverslag oor Nkandla bevraagteken hoekom sekere geriewe soos die militêre kliniek, helikopterlandingsblad en veiligheidswagte se kwartiere binne die veiligheidsheining van die president se private woonkompleks moes wees.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.