On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Eskom beplan nie beurtkrag, maar...

───   SABRINA DEAN 09:17 Fri, 21 Nov 2014

Eskom beplan nie beurtkrag, maar... | News Article

Bloemfontein - Eskom doen opnuut 'n ernstige beroep op verbruikers om elektrisiteit te spaar om die instelling van beurtkrag vermy.

Eskom se woordvoerder, Andrew Etzinger, sê die elektrisiteitsverskaffer het geen beurtkrag vir vandag geskeduleer nie, maar daar is 'n moontlikheid dat dit deur die loop van die dag ingestel kan word.
 
Hy sê Suid-Afrikaners hoef hul voorlopig nie gereed te maak vir beurtkrag die naweek nie.

Etzinger bedank verbruikers vir hul toegewyde samewerking om krag te bespaar die afgelope week.
 
Intussen het hy ook bevestig dat een van Eskom se oorblywende steenkoolsilo's by die Majuba-kragstasie in Mpumalanga 'n kraak in het.
Hy sê aldrie Majuba se silos is nou leeg gemaak en steenkool word tydelik met vragmotors aangery.
 
Sabrina Dean/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.