On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

National

Tronkreëls glo oortree vir Oscar se verjaardag

───   05:24 Mon, 24 Nov 2014

Tronkreëls glo oortree vir Oscar se verjaardag | News Article

Pretoria - Die departement van korrektiewe dienste het Sondag gesê daar sal opgetree word teen enige persoon wat daaraan skuldig bevind word dat hulle die reëls verontagsaam vir Oscar Pistorius.

“Volgens die bestuurder van die korrektiewe sentrum [Kgosi Mampuru-gevangenis] ontvang Oscar Pistorius nie voorkeurbehandeling nie,” het Logan Maistry, woordvoerder van die departement, gesê. “Die bewerings sal ondersoek word en daar sal opgetree word teen diegene wat skuldig bevind word.” Volgens Maistry beskou hulle die bewerings in 'n ernstige lig.

Die Sunday Times berig dat sy verslaggewers beleef het hoe talle reëls Saterdag oortree is vir Pistorius se 28ste verjaardag. Volgens die koerant is Pistorius se broer, Carl, en suster, Aimee, toegelaat om vir hom ballonne, 'n geskenksak en koek te bring wat buite die gevangenis gekoop is.

Volgens die departement sê reëls vir gevonniste oortreders mag gevangenes slegs lekkernye van die tronk se snoepwinkel af ontvang. Pistorius se broer en suster het glo ook vir twee ure by hom gekuier al mag hulle volgens die reëls nie vir langer as 'n uur kuier nie.

Beamptes van die tronk het glo ook nie Carl en Aimee se motors deursoek nie en het glo ook toegelaat dat hulle 'n ander uitgang gebruik om die koerant se fotograaf te vermy.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.