On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Malema glo deur veiligheidswag rondgestamp

───   08:13 Tue, 25 Nov 2014

Malema glo deur veiligheidswag rondgestamp | News Article

Johannesburg - Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en 'n veiligheidswag was glo Maandag in 'n onderonsie in Parktown, Johannesburg toe opposisiepartye en adjunkpres. Cyril Ramaphosa vergader het.

“Hy het my gestamp en my toegang geweier omdat ek geweier het dat hy my deursoek,” het Malema na die vergadering aan verslaggewers gesê.
 
“Hulle deursoek nie hierdie Cyril Ramphosa wat mense vermoor nie,” het hy gesê, blykbaar as verwysing na Ramaphosa se ingryping in 2012, as 'n voormalige nie-uitvoerende direkteur by Lonmin, toe 44 mense tydens stakingsverwante geweld gesterf het.
 
Ramaphosa het gesê hy het bloot probeer help toe hy sy kommer met voormalige polisieminister Nathi Mthethwa gedeel het.
 
Metaalverklikkers is by die ingang van die Emoyeni-konferensiesentrum opgerig waar Maandag se gesprekke plaasgevind het.
 
Malema voer aan die ANC-kongreslede wat die vergadering bygewoon het, is nie deursoek nie. “Watse nonsens is dit?
 
Hoekom moet ons deur hierdie skurke deursoek word? Ek gaan myself nie blootstel aan teistering deur die ANC nie,” het hy gesê.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.