On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Video: ‘Tornado’ tref Soweto

───   08:37 Tue, 25 Nov 2014

Video: ‘Tornado’ tref Soweto | News Article

Johannesburg - Die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan nie bevestig of 'n tornado Maandagmiddag tydens 'n sterk storm in Protea Glen in Soweto, Gauteng voorgekom het nie.

Vanetia Phakula, weervoorspeller, het gesê sy kan nie mediaberigte oor 'n tornado bevestig nie. “Dit wat ons op die radar gesien het, lyk nie soos 'n tornado nie,” het sy gesê.
 
“Al wat ek kon sien is dat die storm baie vinnig beweeg, maar ek wil nie die moontlikheid van 'n tornado uitskakel nie. Ons sal iemand moet stuur om die skade te ondersoek.”
 
Volgens Phakula sal hulle deur die skade kan bepaal of daar moontlik 'n tornado in die gebied was, aangesien 'n tornado 'n kenmerkende sirkelvormige skadepatroon agterlaat.
 
“Geen beserings is tot dusver aangemeld nie,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Dit is slegs die huise se dakke wat beskadig is.” Na beraming is meer as 20 huise in die storm beskadig.
 
Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het bevestig dat hulle ook berigte van stormskade ontvang het. “Ons het slegs 'n oproep ontvang van mense wat hierdeur geraak word,” het Radebe gesê. “Ons sal 'n beampte stuur om ondersoek in te stel.”
 
Die gebruiker Tshepo Phiri het die volgende video op YouTube gelaai.
 
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.