On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

National

Fedsas verwelkom hoër slaagvereistes, maar...

───   SABRINA DEAN 09:07 Tue, 25 Nov 2014

Fedsas verwelkom hoër slaagvereistes, maar... | News Article

Johannesburg - Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) verwelkom die onderwysdepartment se pogings om die kwaliteit van onderrig te verbeter, maar sê die manier waarop dit gedoen word is verkeerd.

Fedsas se Paul Colditz sê dit is nie regverdig om skielik hoër slaagvereistes vir Graad 7, 8 en 9 leerlinge toe te pas nie.
 
Die Departement van Basiese Onderwys het gister bevestig dat die slaagvereistes vir Graad 7, 8 en 9 vir 2014 verhoog is.
 
Daar sal nou van leerlinge verwag word om agt van hul nege vakke te slaag in plaas van sewe.
 
Hulle sal ook 50 persent in hul moedertaal moet behaal en 40 persent vir enige bykomende taal.
 
Voorheen was die slaagsyfer 30-persent.

Sabrina Dean/OFM-nuus

Podcasts

Paul Colditz:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.