On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Wenkbroue lig oor plaasmoorde in Genève

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:49 Wed, 26 Nov 2014

Wenkbroue lig oor plaasmoorde in Genève | News Article

Bloemfontein - Die VF Plus se voorlegging oor die kommerwekkende toename in die gewelddadige moorde van boere en plaaswerkers in Suid-Afrika sedert 1994 het vandag wenkbroue laat lig op die Verenigde Nasies (VN) se Menseregtekommissie-forum in Genève.

Partyleier, Pieter Mulder, het uit Genève aan OFM-nuus gesê die VF Plus het in sy voorlegging gevra om hulp om wandade teen boere en plaaswerkers in die land te voorkom.
Hy sê dit het goed aangesluit by die forum se tema wat handel oor geweld en onderdrukking teen minderheidsgroepe in die wêreld.

Die VF Plus het ook voorleggings gedoen oor die mislukte en skadelike proses van grondeise, regstellende aksie en die aftakeling van Afrikaans.
 
Mulder sê ‘n regeringsverteenwoordiger van Suid-Afrika sal na verwagting later vanmiddag reageer op die voorleggings.
 
Hy sê AfriForum en die Transvaalse Landbou-unie (TLU) is ook teenwoordig.
 
Die Suid-Afrikaanse afgevaardigdes het mekaar goed aangevul met hul onderskeie voorleggings.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Pieter Mulder:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.