On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

Kinders, twee en vier, glo alleen, sonder kos gelaat

───   09:53 Thu, 27 Nov 2014

Kinders, twee en vier, glo alleen, sonder kos gelaat | News Article

Mecklenburg - Twee kinders, twee en vier jaar oud, is deur die polisie en maatskaplike werkers verwyder nadat hulle alleen in 'n huis in Mecklenburg, Limpopo gevind is.

Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle het 'n klag ontvang oor twee kinders wat in 'n huis huil en nie kos het nie.
 
“Dit blyk dat die kinders al vir 'n geruime tyd alleen is. Dit is nog nie duidelik waar die kinders se ma of ander gesinslede is nie,” het Mulaudzi gesê. “Die twee sal in 'n plek van veiligheid gehou word terwyl die saak ondersoek word.”
 
Intussen het 'n 21-jarige vrou in die Motetema-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklag van kinderverwaarlosing.
 
Die saak is tot 14 Januarie uitgestel en die vrou is op borgtog van R500 vrygelaat.
 
Die vrou is Saterdagaand in Mooihoek in hegtenis geneem nadat sy glo haar twee kinders, twee en drie jaar oud, in 'n huis toegesluit en in 'n kroeg gaan kuier het.
 
Die kinders is intussen ook na 'n plek van veiligheid geneem.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.