On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Verkiesing kos ANC glo R429-miljoen

───   14:41 Fri, 28 Nov 2014

Verkiesing kos ANC glo R429-miljoen | News Article

Kaapstad - Vanjaar se algemene verkiesing was die duurste ooit in die geskiedenis van die ANC.

Die Mail&Guardian berig dat die party R429-miljoen bestee het aan die verkiesing, waarin hulle aansienlike steun verloor het.
 
By die bekendmaking van die verkiesingsuitslae het President Jacob Zuma gesê dit was die party se hardste geveg ooit. Dit blyk nou dat hulle R429-miljoen spandeer het om 11,4 miljoen stemme op die party te beteken.
 
In die 2009-verkiesing het die ANC 65.9% steun gehad. Dié steun het in vanjaar se verkiesing tot 62% teruggesak. Die gevolg was 'n verlies van 15 setels in die parlement.
 
Die vertroulike inligting is vervat in 'n finansiële verslag wat verlede week deur die ANC se Zweli Mkhize aan die nasionale uitvoerende komitee voorgelê is. Dié verslag is glo aan die Mail&Guardian uitgelek.
 
Mail&Guardian



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.