On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Verwelkom Mej. Wêreld tuis

───   THANDI XABA 06:18 Thu, 18 Dec 2014

Verwelkom Mej. Wêreld tuis | News Article

Johannesburg - Die publiek word genooi om Rolene Strauss, wat Sondag in Londen as Mej. Wêreld gekroon is, tuis te verwelkom.

Die 22-jarige het 120 deelnemers uitgestof om uiteindelik met dié gesogte titel weg te stap. Sy is die eerste Suid-Afrikaner sedert Anneline Kriel in 1974 om as Mej. Wêreld gekroon te word.
 
Rolene se vlug land Saterdagoggend, 20 Desember 2014, om 10:00 by OR Tambo Internasionale Lughawe. Sun International en Cell C in vennootskap met die departement van sport en ontspanning, Lead SA, Brand SA en OR Tambo Internasionale Lughawe nooi die publiek om deel te wees van dié geskiedkundige oomblik.
 
Die publiek word genooi om plakkate en baniere, Suid-Afrikaanse vlae en vuvuzelas saam te bring om haar op eg Suid-Afrikaanse manier terug te verwelkom.
 
Die Gautrain gee ook 100 retoerkaartjies na OR Tambo Internasionale Lughawe weg vir 100 gelukkige wenners. Volg @lead_sa op Twitter vir besonderhede hoe jy dié kaartjies kan wen.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.