On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Bejaarde man sterf glo op Mango-vliegtuig

───   07:39 Thu, 18 Dec 2014

Bejaarde man sterf glo op Mango-vliegtuig | News Article

Johannesburg - 'n Paar vlugte van die laekostelugredery Mango is Woensdag vertraag nadat 'n man gesterf het net nadat hy op die vliegtuig by OR Tambo Internasionale Lughawe geklim het.

“Die bejaarde man was 'n passasier op Vlug JE241 wat om 06:30 na Durban sou vertrek,” het Hein Kaiser, woordvoerder van die lugredery, gesê. “Mango betuig sy medelye met die familie en vriende van ons gas.”
 
Die man het glo opgeklim en ineengestort. Paramedici het tevergeefs probeer om hom by te bring en hy is op die toneel dood verklaar.
Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.