On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Onderwysdepartement moet R81 miljoen opdok

───   08:12 Thu, 18 Dec 2014

Onderwysdepartement moet R81 miljoen opdok | News Article

Grahamstad - Die hooggeregshof in Grahamstad het Woensdag die departement van onderwys beveel om 90 Oos-Kaapse skole te vergoed nadat hulle R81 miljoen uit hul eie sak vir onderwysers se salarisse betaal het.

Volgens die Legal Resources Centre (LRC), wat die saak gedryf het, het die hof ook beveel dat die provinsiale departement vakatures moet vul en 282 onderwysers permanent in vakante poste moet aanstel.
 
Regter JM Roberson het gelas dat die Oos-Kaapse departement van onderwys se hoof 20 dae het om geoktrooieerde rekenmeesters aan te stel. Die rekenmeesters sal dien as eise administrateurs en moet help om die bedrae betaalbaar aan die individuele skole te versprei.
 
“Die [hoof van die provinsiale departement van basiese onderwys] moet verseker dat die Oos-Kaapse departement van onderwys binne 60 dae die bedrag van R81,445,339.99 aan die eise administrateurs betaal,” lees die bevel. Die eise administrateurs het 30 dae om die eise te verifieer en die skole te betaal.
 
Die beheerliggame van die onderskeie skole het ook die nasionale en provinsiale onderwysdepartemente ook aangevat vir hul versuim om te voldoen aan die statutêre en grondwetlike verpligtinge om onderwysers by die skole aan te stel.
 
“Die departement van basiese onderwys het oor die afgelope paar jaar verklaar dat individuele skole geregtig is op 'n sekere hoeveelheid opvoeders, maar het dan versuim om die nodige aantal opvoeders aan te stel om die poste by die betrokke skole te vul,” het die LRC gesê.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.