On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

National

Flippie Engelbrecht-saak: Hof moet besluit oor aanranding

───   08:50 Thu, 18 Dec 2014

Flippie Engelbrecht-saak: Hof moet besluit oor aanranding | News Article

Kaapstad - Die Worcester-landdroshof sal na verwagting Donderdag besluit of Wilhelm “Dozi” Treurnicht, wat daarvan beskuldig word dat hy 'n plaaswerkers se seun aangerand het, vrygespreek moet word, het The Star berig.

Pieter Botha, Treurnicht se regsverteenwoordiger, het 'n aansoek gebring waarin daar versoek word dat sy kliënt vrygespreek moet word. Die hof sal na verwagting vandag besluit of die staat se saak teen hom sterk genoeg is.
 
Treurnicht, bestuurder van die Rietvallei-wynlandgoed, word daarvan beskuldig dat hy Flippie Engelbrecht op 25 Januarie 2008 herhaaldelik teen die kop geskop het. Engelbrecht was 13 jaar oud ten tyde van die beweerde aanranding. Tydens die vermeende aanval het sy kop glo 'n wyntenk getref en hy is later blind gelaat en het epileptiese toevalle begin kry.
 
Engelbrecht het gebrand toe hy tydens 'n epileptiese toeval in 'n vuur beland het en albei sy hande moes daarna geamputeer word.
 
Botha voer aan die getuienis van ses van die staat se agt getuies was onbetroubaar en “baie swak”. Hy het gesê van die getuies het aangevoer dat Treurnicht 'n dreigoproep ontvang het, glo van Engelbrecht af.
 
“Dit sou glo die rede wees waarom die aanranding plaasgevind het,” het hy gesê.
 
Johnny Burger, wat saam met Treurnicht van aanranding aangekla is, het in September verlede jaar selfmoord gepleeg omdat hy glo nie meer die spanning van die saak kon hanteer nie.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.