On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Flippie Engelbrecht-saak: Plaasbestuurder 'n vry man

───   14:36 Thu, 18 Dec 2014

Flippie Engelbrecht-saak: Plaasbestuurder 'n vry man | News Article

Worcester - Die plaasbestuurder van die Langeberg-streek wat glo ’n plaasseun aangerand het, is ’n vry man.

Wilhelm Treurnicht het Woensdag in die Worcester-streekhof verskyn op ’n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer in die Flippie Engelbrecht-saak.
 
Eyewitness News berig die hof het Treurnicht se aansoek om verlof, op die basis dat die polisie nie genoegsame bewyse gehad het nie, toegestaan.
 
Engelbrecht was nie in die hof nie, maar sy ouers, Katriena en Flip, wel. Engelbrecht het aangevoer dat die beweerde aanranding daartoe gelei het dat hy blind is, epileptiese aanvalle kry en sy hande geamputeer is.
 
Treurnicht, die bestuurder van die Rietvallei Wynlandgoed op Robertson, is op 25 Januarie 2008 van aanranding aangekla nadat hy na bewering Engelbrecht se kop teen ‘n wyntenk geslaan en hom herhaaldelik teen die kop geskop het.
Johnny Burger, wat saam met Treurnicht van aanranding aangekla is, het in September verlede jaar selfmoord gepleeg omdat hy glo nie meer die spanning van die saak kon hanteer nie. 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.