On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Kaapse plaasbestuurder vry na beweerde aanranding op seun

───   15:03 Thu, 18 Dec 2014

Kaapse plaasbestuurder vry na beweerde aanranding op seun | News Article

Worcester - Die plaasbestuurder van die Langeberg-streek wat glo ’n plaasseun aangerand het, is vrygespreek.

Wilhelm (Dozi) Treurnicht het gister in die Worcester-streekhof verskyn op ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die Flippie Engelbrecht-saak.
 
Eyewitness News berig nou die hof het Treurnicht se aansoek om verlof toegestaan, omdat die polisie nie genoegsame bewyse gehad het nie. Engelbrecht was nie in die hof nie, maar sy ouers, Katriena en Flip, was wel daar. Engelbrecht het aangevoer die beweerde aanranding het hom blind gemaak. Hy kry ook epileptiese aanvalle en sy hande is geamputeer.
 
Treurnicht, die bestuurder van die Rietvallei Wynlandgoed op Robertson, is op 25 Januarie 2008 van aanranding aangekla nadat hy na bewering Engelbrecht se kop teen ‘n wyntenk geslaan en hom herhaaldelik teen die kop geskop het.
 
 Johnny Burger, wat saam met Treurnicht van aangekla is, het in September verlede jaar selfmoord gepleeg omdat hy glo nie meer die spanning van die saak kon hanteer nie.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.