On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

World News

Australiese vrou vas na gesinstragedie

───   09:20 Sun, 21 Dec 2014

Australiese vrou vas na gesinstragedie | News Article

Cairns - 'n Australiese vrou, wat die ma is van die meeste van die agt kinders is wat in Cairns doodgesteek is, is in hegtenis geneem, het die Australiese polisie Saterdag gesê.

Hoewel die polisie nog nie die oorsaak van die dood van die kinders, onderskeidelik tussen die ouderdomme van 18 maande en 14 jaar, bekend gemaak het nie, is messe gevind in die huis waar daar Vrydag op die lyke afgekom is.
 
Insp. Bruno Asnicar sê 'n 37-jarige vrou is weens moord in hegtenis geneem en is in die Cairns Base-hospitaal onder polisieaanhouding opgeneem.
 
Die vrou wat glo die ma van die sewe van die kinders en die tannie van die agtste kind is, is nog nie formeel aangekla nie.
 
Volgens die polisie in Queensland help sy hulle in hul ondersoek.
 
“Sy is in 'n stabiele toestand en daar word na haar omgesien,” het Asnicar gesê.
 
Hy het verder bygevoeg dat die vrou wakker is en met hulle praat.
 
Sy het steekwonde gehad, maar ie polisie het nie gesê of die wonde self toegedien is nie.
 
“In hierdie stadium soek ons nie na enigiemand anders nie. Die gemeenskap is veilig,” het hy gesê.
 
Die moorde het Australië geruk veral ná die gyselaarsdrama Sondag waarin twee gyselaars en die man wat hulle aangehou het, dood is.
 
'n Familielid van die slagoffers, Lisa Thaiday, het gesê die kinders se 20-jarige broer het op hul lyke afgekom.
 
Kerkdienste en kerslignagwake is gehou met blomme en teddiebere wat naby die misdaadtoneel neergelê is.
 
Pedro Stephen, burgermeester, het gesê die hele streek is in rou gedompel.
 
“Dit is soos 'n bom wat afgegaan het. Almal ly aan skok.”
 
Volgens gerugte kon 'n geskree Donderdagaand gehoor word. Die Courier-Mail in Brisbane het berig dat bure gehoor het hoe die vrou skree “moenie dat hulle dit van ons wegneem nie. God seën ons. Vergewe my vir wat ek gaan doen”.
 
Een van die bure het aan die koerant gesê dat die vrou “'n slegte nag” gehad het.
 
“Ek het gehoor hoe sy omstreeks 04:00 met iemand baklei. Ek het haar om 06:00 die laaste keer gesien en toe was dit stil. Sy het Donderdag meubels en ander huishoudelike artikels op die sypaadjie gelos en goed vir familie en vriende weggegee,” het sy gesê.
 
'n 13-jarige meisie wat vriende met een van die kinders is, sê sy het saam met haar vriend(in) huis toe gestap nadat hulle by 'n winkelsentrum was. Die ma van die kinders het vir haar geld gegee om 'n taxi huis toe te neem.
 
“Sy het dinge oor God gesê soos pappa God sal my die krag gee om enigiets te doen,” het sy aan die Australiese Associated Press gesê.
 
Sapa-AFP
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.