On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

National

Ramaphosa betaal self vir vakansievlug

───   09:16 Mon, 22 Dec 2014

Ramaphosa betaal self vir vakansievlug | News Article

Pretoria - Adjunkpresident Cyril Ramaphosa en sy gesin het met 'n kommersiële vlug na Kuba gevlieg vir 'n gesinsvakansie en het self daarvoor betaal, het City Press berig.

Ramaphosa reis glo ook sonder sy veiligheidspersoneel. 'n Regeringsbeampte het aan die koerant gesê dat Ramaphosa “ryk” is en “nie staatsgeld sal gebruik nie”, selfs al is hy geregtig op die gebruik van 'n amptelike vliegtuig.
 
Regeringsleiers is gemagtig om een keer per jaar vir hul jaarlikse verlof 'n vliegtuig van die weermag of 'n huurvlug te gebruik weens “veiligheidsredes”.
 
Dit is onduidelik watter lugdiens Ramaphosa gebruik het, maar Air France en British Airways is die gewildste keuses vir reis tussen Suid-Afrika en Kuba.
 
Volgens die berig sal Ramaphosa nie by amptelike vergaderings betrokke wees tydens sy besoek aan die land nie al word daar beweer dat die Suid-Afrikaanse regering betrokke was by die fasilitering van gesprekke tussen Kuba en die VSA om hul verhouding te normaliseer.
 
Ramaphosa se beskeie reisplanne is in kontras met ander regeringsleiers soos president Jacob Zuma en voormalige adjunkpresident Kgalema Motlanthe.
 
Volgens die koerant het die departement van verdediging verlede jaar in die parlement bekend gemaak dat Zuma se vakansie in Mosambiek en Motlanthe se vakansie in die Seychelle altesame R2,6 miljoen gekos het.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.