On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Nog drie vas oor Kraaifontein-moorde

───   08:27 Wed, 24 Dec 2014

Nog drie vas oor Kraaifontein-moorde | News Article

Kraaifontein- Altesaam 10 mense is nou in hegtenis geneem in verband met die moord op ses mans van Kraaifontein in Kaapstad.

“Drie persone is oor die naweek in hegtenis geneem,” het Eric Ntabazalila, streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Dinsdag gesê. “Elk van die mans staan nou tereg op ses aanklagte van moord met voorbedagte rade.”
 
Die beskuldigdes bly in aanhouding by die Pollsmoor-gevangenis en sal die feesseisoen agter tralies spandeer. Die mans het Dinsdag in die Bluedowns-landdroshof verskyn en saak is tot 24 Februarie uitgestel vir hul aansoek om borgtog.
 
“Die staat sal borgtog teenstaan,” het Ntabazalila bygevoeg.
 
Die liggame van ses mans, tussen 18 en 30 jaar oud, is op 9 Desember in Joostenbergvlakte naby Kraaifontein aangetref.
 
Verbygangers het die gru vonds gemaak. Die mans se hande is agter hul rûe vasgemaak en hulle het gesig na onder gelê.
Hulle is met klippe doodgegooi.
 
Agt mans is op 17 Desember in hegtenis geneem in verband met die moorde, maar aanklagte is tydens die hofverrigtinge teen een van die verdagtes teruggetrek weens ? gebrek aan voldoende bewyse.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.