On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Berig: Verslag dui op misdadige polisie

───   09:35 Sun, 25 Jan 2015

Berig: Verslag dui op misdadige polisie | News Article

Pretoria - 'n Verslag van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge wat vandeesweek bekend gestel word, werp volgens berigte lig op polisie vergrype wat dui op 'n patroon van misdadige gedrag.

Rapport berig die verslag getitled “Broken-Blue-Line-2” is gegrond op 100 gevalle van ernstige misdaad soos moord, verkragting en roof waarby polisielede tussen April 2011 en Januarie vanjaar betrek is.
 
Dit sluit nie gevalle van korrupsie en omkopery in nie. Onlangse gevalle wat die verslag onderskraag sluit in: ’n polisie-kolonel wat Maandag in die hof in Vereeniging verskyn op wapenklagte. ’n Wes-Kaapse taakspan ondersoek sy betrokkenheid by die beweerde verskaffing van wapens aan bendes op die Kaapse Vlakte.
 
Luidens die verslag het misdaadbendes die polisie geïnfiltreer.
 
Die polisie het nie op Rapport se versoek vir kommentaar reageer nie.
 
Rapport

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.