On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Eskom: Fase 2-beurtkrag in werking

───   16:56 Mon, 26 Jan 2015

Eskom:  Fase 2-beurtkrag in werking | News Article

Johannesburg - Intussen het die kragvoorsiener Eskom aangekondig dat beurtkrag om drie uur vanmiddag van fase een na fase twee sal beweeg.

Kragonderbrekings sal tot tienuur vanaand voorkom. Fase 1-beurtkrag, wat vanoggend aangekondig is, maak voorsiening vir die besparing van 1 000 MW kragm, terwyl fase twee vir tot 2 000 MW krag voorsiening maak en fase 3 vir tot 4 000 MW krag. Volgens Johannesburg City Power se woordvoerder, Sol Masolo, is die organisasie bloot ingelig om na fase 2 te beweeg. Hy sê blykbaar is Eskom se bestuurders op die oomblik by 'n noodvergadering. Eskom het vroeër vandag gesê die kragstelsel is onder geweldige druk weens onvoorsiene tegniese probleme by sy kragstasies. Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.