On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Twee vroue in hegtenis na reuse dwelmvonds

───   09:18 Tue, 27 Jan 2015

Twee vroue in hegtenis na reuse dwelmvonds | News Article

Musina - Twee vroue, wat probeer het om Suid-Afrika binne te kom met 18 kg se bestanddele om dwelmiddels te vervaardig, sal na verwagting vandag in die Musina Landdroshof verskyn.

Die vroue, van Zimbabwe en Lesotho onderskeidelik, is Sondag by die Beit-brug grenspos in hegtenis geneem toe hulle van Zimbabwe die land wou binnekom. Hulle is gestop en deursoek en 18 kg van die stof efedrine, een van die hoofbestanddele om heroïne te vervaardig, is by hulle gevind. Die geskatte waarde van die vonds is R8 miljoen. 'n Polisiewoordvoerder sê hulle is steeds besig met 'n ondersoek om vas te stel waarheen die vroue op pad was.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.