On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Derby-Lewis se mediese toestand moet maatstaf wees: Mulder

───   DANE BEISHEIM 16:38 Tue, 27 Jan 2015

Derby-Lewis se mediese toestand moet maatstaf wees: Mulder | News Article

Potchefstroom - Wanneer mediese parool aan 'n gevangene oorweeg word, soos nou met die 79-jarige Clive Derby-Lewis, moet die persoon se siektetoestand die maatstaf vir sy vrylating wees en nie die misdaad nie.

Dit is volgens die  leier van die VF Plus, Pieter Mulder.
 
Derby-Lewis dien lewenslange tronkstraf uit vir die moord op die SA Kommunistiese Party-leier Chris Hani.
 
Mulder sê nuus dat die mediese paroolraad weer eens aanbeveel het dat Derby-Lewis vrygelaat word, dui op die erns van sy siektetoestand. Mulder sê dat, soos in die geval van Jackie Selebi, hierdie laaste genadedaad aan enige gevangene wat sterwend is, toegestaan behoort te word.

Intussen sê justisiewoordvoerder Mthunzi Mhaga minister Michael Masutha sal Vrydag sy besluit rakende Derby-Lewis, Ferdi Barnard en Eugene de Kock se vrylating bekend maak.
Dane Beisheim/OFM-nuus



Podcasts

Pieter Mulder:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.